Kultuur

Kultuur

Kultuur

Kunste

Laerskool Noord-Eind is bevoorreg om ‘n goedgevestigde kultuurdepartement te hê waar leerlinge die geleentheid gebied word om onderrig/afrigting in verskeie genres van musiek, kuns en kultuur te kan ontvang. Spesialis-onderwysers bied professionele onderrig in ‘n verskeidenheid musiekinstrumente aan: klavier, klawerbord, blokfluit, kitaar, tromme en viool. Leerlinge kry die geleentheid om tydens konserte en saalbyeenkomste op te tree, asook eksterne praktiese– en teoretiese eksamens af te lê, bv. Unisa, Trinity, Royal Schools, ens.

Leerlinge kan ook by die volgende kultuuraktiwiteite inskakel wat gedurende skooltyd plaasvind

Onderrig

Visuele- & Uitvoerende Kunste

Koorsang

Junior Graad 2 & 3
Senior Graad 4-7

Redenaars

Junior Graad 3
Intermediêr Graad 4 & 5
Senior Graad 6 & 7

Leerlinge kan dwarsdeur die jaar aan eisteddfods, kompetisies, kultuuraande en ander kultuuraktiwiteite deelneem om sodoende blootstelling aan die kunste, asook die nodige erkenning daarvoor te ontvang.

Afrikaans : Voordrag, monoloog, tweespraak, spreekkoor, lees
Engels : Recitation
Sang & Musiek : Verskeie instrumente, asook koorsang
Dans : Moderne- & Hip Hop Dans, Ballroom, Ballet
Visuele Kuns

Koorlede kry ook die geleentheid om saam met van die land se topkunstenaars op te tree, asook koorfeeste mee te maak saam met plaaslike, sowel as omliggende kore. Emo Adams, Elvis Blue, Refentse, Joe Forster, Laurika Rauch en Loki Rothman het al saam met ons kore opgetree. Optredes by funksies, konserte, kerke en per uitnodiging vind ook gereeld plaas.