Graad 1-7

Graad 1-7

AKADEMIE IS ONS EERSTE PRIORITEIT!

By Noord-Eind vorm die Departementele Beleid die basis van die kurrikulum en daarom ook van elke les. Noord-Eind glo daaraan om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf en die onderrigprogram is sodanig ontwerp dat elke leerder tot sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel. Ons spog met ‘n uitstekende span opvoeders wat elkeen bereid is om die spreekwoordelike “ekstra myl” vir elke leerder te loop.

Ons lê ‘n goeie grondslag wat ‘n liefde vir leer kweek. Akademie is en bly een van die belangrikste dele van ‘n kind se ontwikkeling. Elke kind word aangemoedig om kreatief te wees en individueel in ‘n veilige omgewing te ontwikkel.

Graad 1 – 3

VAKKE

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Lewensvaardigheid

SLAAGVEREISTES

Huistaal: Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59%)
Addisionele Taal: Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%)
Wiskunde: Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%)

Graad 4 – 6

VAKKE

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Geografie & Geskiedenis
Lewensvaardighede

SLAAGVEREISTES

Huistaal: Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59%)
Eerste Addisionele Taal: Matige prestasie (vlak 3)(40-49%)
Wiskunde: Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%)
Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%) in enige twee ander oorblywende goedgekeurde vakke.

Graad 7

VAKKE

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Geografie & Geskiedenis
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
Tegnologie
Lewensoriëntering
Kuns en Kultuur

SLAAGVEREISTES

Huistaal: Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59%)
Eerste Addisionele Taal: Matige prestasie (vlak 3)(40-49%)
Wiskunde: Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%)
Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%) in enige drie ander oorblywende goedgekeurde vakke
Basiese prestasie (vlak 2) (30 – 39%) in enige twee ander oorblywende goedgekeurde vakke.

Rekenaarsentrum

Ons besit oor ‘n goed toegeruste Rekenaarsentrum met 35 rekenaars
Die sentrum besit ook oor ‘n data-projekter. Internet-konneksie is beskikbaar

WOLKSKOOL

Vanaf 2021 gaan Laerskool Noord-Eind ten volle gebruik maak van Wolkskool. Wolkskool bied aan skole ‘n wêreldklas-onderwysplatform en -leerinhoud om volhoubare prestasie te verseker. Tegnologie maak vandag oplossings moontlik wat kort gelede ondenkbaar was. Met hierdie stelsel kan basiese konsepte dus tuis behandel word, terwyl moeilike konsepte in die klas hanteer word.

Laerskool Noord Eind Mediasentrum

MEDIASENTRUM

Boeke word gereeld aangevul en bygehou en verskeie media is beskikbaar, bv. fiksie en nie-fiksie en naslaanwerke. Die mediasentrum beskik oor ‘n dataprojektor, internettoegang, DSTV en witbord.

Gr. 3 – 7 leerders is welkom om gereeld boeke uit te neem – Ma—Vry: 07:15-07:40 en elke dag tydens eerste pouse. Gr R tot 2: Klasonderwyseresse neem ‘n blokbespreking na hulle klasse.

TOERE / KAMPE EN UITSTAPPIES

Die Gr. R – 3 leerders gaan jaarliks op verskillende opvoedkundige uitstappies. Gr. 4-leerders gaan op ‘n daguitstappie. Die Gr. 5-leerders woon ‘n opvoedkundige kamp by. Die Gr. 6-leerders doen opvoedkundige aktiwiteite op die skoolterrein wanneer die Gr.5-leerders op hul kamp gaan.

Gr. 7-leerders kry die geleentheid om jaarliks op ‘n opvoedkundige toer na die Suidkaap te gaan en neem aan die einde van elke jaar aan die Weskus-staptog deel – ‘n ware fees vir elke leerder – een wat al vir die afgelope 27 agtereenvolgende jare met groot welslae aangebied word.