Ons Skool

Geskiedenis

Skoolbestuur

Nasorgsentrum

Tariewe

Skooldrag

Skoolure

Ons Geskiedenis

Laerskool Noord-Eind het op 10 April 1905, met ongeveer 30 leerlinge en met mnr. G. Malherbe as tydelike skoolhoof, in ‘n eenvertrekgebou, wat aan die Noorder-Paarlkerkraad behoort het, begin. Leerlinge het tot St. 7 onderrig ontvang.

Op 9 Oktober is mnr. Sybrand van der Spuy as die eerste permanente skoolhoof aangestel. Sy salaris was 175 pond per jaar en hy het ‘n huistoelaag van 25 pond per jaar ontvang. ‘n Saal en “cloakroom” is in 1912 aangebou.

Op 10 Augustus 1920 word Noord-Eind as Afrikaanse skool verklaar. Dit het Nederlands as onderrigtaal, met Afrikaans vervang en daarvoor gesorg dat Laerskool Noord-Eind vandag nog een van die oudste Afrikaansmedium skole in die Wes-Kaap is. Die kombuistaal word onderrigtaal!!

In 1928 is die leerdertal ongeveer 90. In 1957 word een en ‘n halwe morg grond vir uitbreidings aangekoop en daar word op ‘n skooldrag, wapen en ‘n leuse “ Handhaaf en Bou” besluit. Na uitbreidings wat uit ‘n kamer vir spraakgebrekkiges en hardhorendes, ‘n spesiale klas, ‘n handwerkkamer, gewone klaskamers, ‘n kantoor en ‘n kamer vir die klerklike assistent bestaan het, is die nuwe skoolgebou in 1967 ingewy.

In 1972 is die nuwe skoolsaal ingewy, in 1981, die swembad en in 1984 ‘n gerieflike klubhuis.

NASORGSENTRUM

Ons Nasorgfasiliteite maak voorsiening vir Pre-Gr. R en R, Gr. 1-3, en Gr.4-7. Ons het ‘n goedtoegeruste nasorg met uitstekende fasiliteite. Daar is verskeie klasse en ‘n eetsaal met ‘n kombuis en ‘n ontspanningslokaal. Die Pre-Gr. R en Gr. R bly by die Voorskoolse Sentrum.

Hierdie fasiliteit is daar vir leerders wie se ouers half-/voldag werk. Ons missie is om ‘n veilige en kindervriendelike omgewing vir u kind te skep. Hierdie tuiste moet ‘n gelukkige, veilige “speelsentrum” vir u kind wees sodat hy/sy na die harde “arbeid” van die dag op ‘n gesonde en vreugdevolle wyse sy skooldag kan afsluit.

Ouers maak self voorsiening vir sy/haar kind se etes. Geleentheid word geskep om huiswerk te doen tydens vasgestelde studietyd.

Daar is ook geleentheid om deel te neem aan buitemuurse aktiwiteite. Voldoende noodhulp is beskikbaar. Die nasorgsentrum sal tydens vakansietye oop wees, soos gekommunikeer met die ouers voor elke vakansie. Nasorg sluit net in die Desembervakansie vir ongeveer 3 weke.

NASORGURE

12:00 – 17:30 gedurende die skoolkwartaal
07:30-17:30 gedurende die skoolvakansie
Geen kind sal die nasorg tydens nasorgure verlaat
sonder skriftelike kennisgewing van die ouers nie.

AFDELINGSHOOFDE

Pre-Gr. R en R – Marlisa Fick
Gr. 1-3 – Jacolene Schäfer
Gr. 4-7 – Christelle Marx
Tel (021) 872 4237 | Faks (021) 872 9732
Nasorg: (021) 872 1290

Ons beskou U as vennote van die nasorgsentrum en verwelkom enige voorstelle en wenke wat tot voordeel van die leerders sal wees. U as ouer/voog word vriendelik versoek om by die reëls en dissiplinêre kode van die nasorg te hou sowel as by die onderskeie veranderings wat van tyd tot tyd daaraan gemaak mag word.

TARIEWE

Skoolfonds 2024

R25 700 per jaar (Gr. Pre-R – 7)

BETALINGSOOREENKOMSTE:
5% korting indien volle bedrag voor 28 Februarie betaal word.

  • R2 570 per maand oor ‘n 10 maande-tydperk
  • R2 336,37 per maand oor ‘n 11 maande-tydperk

 

Jakkertjies

Halfdag: R 2 932,30 vir 11 maande
Voldag: R 3 405,00 vir 11 maande

Sluit ontbyt & middagete in

Nasorg 2024

  • Voldag (tot 17:30): R9 680 per jaar
  • Halfdag (tot 14:30): R6 490 per jaar

 

BETALINGSOOREENKOMSTE:

  • Voldag: R880 per maand vir 11 maande
  • Halfdag: R590 per maand vir 11 maande

Skooltye

Jakkertjies: 08:00 – 12:30 (Halfdag) / 08:00 – 17:30 (Voldag)
Graad Pre-R: Maandag tot Vrydag: 08:00 – 12:30
Graad R: Maandag tot Vrydag: 07:30 – 13:00
Graad 1: 07:30 – 13:00
Graad 2: 07:30 – 13:15
Graad 3: 07:30 – 13:30
Graad 4 – 7: Maandag tot Donderdag: 07:30 – 14:00
Vrydag: 07:30 – 13:30
Tuisnaweek (Vrydag uitkomtyd): 07:30 – 13:00
1ste Pouse: 10:00 – 10:20
2de Pouse: 12:20 – 12:30
Nasorg: 12:00 – 17:30

KWARTALE

Kwartaal 1

17 Januraie – 20 Maart 2024

Kwartaal 2

3 April – 14 Junie 2024

Kwartaal 3

9 Julie – 20 September 2024

Kwartaal 4

1 Oktober – 11 Desember 2024

JAARPROGRAM

KWARTAALPROGRAM