Akker-Jakkers

Akker - Jakkers

Voorskool Pre-Gr. R

Akker-Jakkers is Laerskool Noord-Eind se voorskoolsentrum. Dit is ‘n aparte, veilig omheinde skooltjie op die Laerskool se pragtige skoolgronde. Daar is lugverkoelde klassies, opgeleide onderwyseresse en ‘n klasassistent in elke klas. Akker-Jakkers het 2 Gr. Pre R-klassies vir maatjies vanaf drie en ‘n half-jarige ouderdom en 3 Gr. R-klassies vir vyfjarige maatjies. Ons volg die Nasionale Kurrikulum en assesseer deurlopend. Speel-speel ontwikkel ons in totaliteit.

Ons dagprogram sluit oggendkringe, besprekingskringe, wiskunde-kringe, kreatiewe kringe en taalkringe in. Die kinders geniet gerigte buitespel soos sandspel, waterspel, wielspeelgoed en fantasiespel. Ons werk hard, want werk maak sterk, maar speel ook heerlik. Elke jaar bied ons ‘n Atletiekdag, Oupa-en-Oumadag en konsert aan.

Die Gr. R-maatjies skakel in by die skool se sport en leer vaardighede vir tennis, krieket , swem, atletiek, rugby, netbal en hokkie aan. Daar is ook verskeie ander buitemuurse aktiwiteite waaraan ouers hul kinders kan laat deelneem.

Nasorg en vakansiesorg is op dieselfde terrein. Kinders eet, speel en kuier in hul veilige en bekende omgewing omring deur bekwame en liefdevolle nasorgpersoneel.

By Akker-Jakkers is elke dag opedag!

Ons Visie & missie

Om elke kind veillig en geliefd te laat voel in ‘n vrolike, stimulerende en ondersteunende leeromgewing, sodat elkeen sy volle potensiaal kan ontwikkel. Ons streef daarna om ons leerders  in totaliteit te ontwikkel. Vir hulself te dink en te doen. Om hul unieke talente te ontdek. Om waardevolle lewensvaardighede aan te leer. Om deur middel van ‘n gesonde selfbeeld, ‘n positiewe en gebalanseerde lewensuitkyk te hê.

GRAAD R VAKKE

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Lewensvaardigheid

SLAAGVEREISTES

Huistaal: Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59%) en Wiskunde: Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49%)