Pre-Gr. R

Laerskool Noord-Eind is bevoorreg om twee Pre-Gr.R klasse te hê. Twee bekwame juffrouens word bygestaan deur ‘n gekwalifiseerde assistent. Ons fokus daarop om ons klasse klein te hou en sodoende individuele aandag te verseker.

In Pre-Gr. R kweek ons ‘n liefde vir skool. Speel-speel leer ons kinders om ‘n roetine te volg, maats te maak en sommer vinnig slim te raak. Ons volg ‘n vasgestelde dagprogram wat die volgende insluit: Bybelkring, temabespreking, opvoedkundige spel, skeppende aktiwiteite, buitespel en storie. Die Pre- Gr. R en Gr. R-juffrouens werk nou saam om te verseker dat die kind in totaliteit gereed is om aan die einde van Pre-Gr. R aan te beweeg. Weekliks volg ons kinders ‘n gespesialiseerde bewegingsprogram (Kinetic Kids) waarvan die kostes reeds in ons skoolfonds ingesluit is.

Jaarliks kry ons kinders die kans om aan verskeie geleenthede deel te neem, bv. Oupa-en-Oumadag, Modeparade, Pretloop, Kerskonsert en vele meer. Hierdie geleenthede stimuleer verdere ontwikkeling wat selfvertroue en sosiale vaardighede insluit.

Ons hooffokus bly egter om ons kinders veilig en geliefd te laat voel!