Kultuur

  • IMG 2884
  • IMG 2896
  • IMG 2944
  • IMG 9124
  • IMG 9156
  • IMG 9170

Noord – Eind is bevoorreg om ‘n kunsteskool op die terrein te hê waar leerlinge die geleentheid gebied word om onderrig / afrigting in verkseie genres van die musiek, kuns en kultuur te kan ontvang. Spesialis-onderwysers bied professionele onderrig in ‘n verskeidenheid musiekinstrumente aan: Klavier, klawerbord, blokfluit, kitaar, tromme en viool.

Leerlinge kry die geleentheid om tydens konserte, saalbyeenkomste op te tree, asook eksterne praktiese- en teoretiese eksamens af te lê, bv. Unisa, Trinity, Royal Schools, Rock School.

 

SIEN ONDERSTAANDE INLIGTING VIR INSTRUMENTALE ONDERRIG & ANDER

Leerlinge kan ook by die volgende kultuuraktiwiteite inskakel wat gedurende skooltyd plaasvind:

  • Onderrig in : Visuele & Uitvoerende Kunste
  • Koorsang : Junior - Gr. 2 & 3 / Senior - Gr. 4 – 7
  • Orff - orkes : Junior - Gr. 2 & 3 / Senior - Gr. 4 – 7
  • Redenaars : Junior - Gr. 3 / Intermediêr - Gr. 4 & 5 / Senior - Gr. 6 & 7

Leerlinge kan dwarsdeur die jaar aan eisteddfods, kompetisies, kultuuraande en ander kultuuraktiwiteite deelneem om sodoende blootstelling aan die kunste te ontvang en dan die nodige erkenning daarvoor ontvang. ‘n Wye verskeidenheid van afdelings word aangebied:

    • Afrikaans : Voordrag, monoloog, tweespraak, spreekkoor, lees
    • Engels : Recitation
    • Sang & Musiek : Verskeie instrumente
    • Moderne- & Hip Hop Dans, Ballroom, Ballet
    • Kuns
    • Koorlede kry ook die geleentheid om saam met van die land se top – kunstenaars op te tree, asook koorfeeste mee te maak saam met plaaslike- sowel as omliggende kore. Emo Adams, Elvis Blue, Refentse, Joe Foster, Laurika Rauch en Loki Rothman het al saam met kore opgetree. Optredes by funksies, konserte, kerke en per uitnodiging vind ook gereeld plaas.

 

  • Noord-Eind leerlinge kry die geleentheid om in verskeie instrumente soos klavier, klawerbord, blokfluit, kitaar en tromme les te neem.

  • Ons het ‘n Junior- en Seniorkoor wat jaarliks aan die eisteddfod deelneem en by verskeie geleenthede optree.

  • Noord-Eind het Junior- en Senior Redenaar

  • Noord-Eind leerders neem jaarliks aan die Paarl-Vallei Eisteddfod deel.

    • Talentaand
      Noord-Eind hou elke jaar ‘n talentaand kompetisie, waar leerders die geleentheid kry om hul talente in kuns, dans, drama en musiek te wys.
    • Interskole Kultuuraand
      Noord-Eind en Hugenote spog tydens interskole met musiek en drama-talente.
    • Musiekaand
      Tydens die jaarlikse musiekaand kry die musiekleerlinge van die skool die geleentheid om voor ‘n gehoor op te tree.