Voorskoolfasiliteite

akker jakkers banner

AKKER-JAKKERS @ NOORD-EIND

Vanaf 2016 het ons 'n splinternuwe Vroeë Kind Ontwikkelingsentrum vir Pre Gr. R en Gr. R wat ook Nasorgfasiliteite insluit.

Die ontwikkeling van ons kinders en die vaslegging van kultuur raak ook ons plig die dag wanneer u u kind inskryf by Laerskool Noord-Eind.  Ons glo daaraan om die beste aan ons kinders te bied en met die behoefte wat ontstaan het as gevolg van die groei in ons getalle, was ons genoodsaak om alternatiewe planne te maak om ons kinders te akkomodeer en om nie ons beleid van "klein klassies" prys te gee nie.    Die Akker-Jakkersentrum is beplan met die oog om dit so "kindervriendelik" as moontlik te maak en nog steeds kwaliteit onderrig aan ons kinders te gee.  

Die Pre Gr. R- en Gr. R-leerders bly ook in die middae vir nasorg in hulle nuwe skool.  Dit maak ons fasiliteite 'n volwaardige "dagskooltjie" vir ons Akker-Jakkers.

'n Veilige, omheinde, toegangsbeheerde omgewing word dus vir ons kinders geskep waar hulle kan leer en speel terwyl Pa en Ma nie na hulle kan omsien nie.  'n Gekookte ete word ook vier middae per week aan hulle gegee en 'n gebalanseerde alternatief op Vrydae.