Gr. R - 7

  Vakke     Cami Rekenaarhulp     Slaagvereistes     Sentrums     Opvoedkundige uitstappies

AKADEMIE – ONS EERSTE PRIORITEIT!

By Noord-Eind vorm die Departementele Beleid die basis van die kurrikulum en daarom ook van elke les.

Noord-Eind glo daaraan om ‘n hoë akademiese standaard te handhaaf en die onderrigprogram is sodanig ontwerp dat elke leerder tot sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel.

Ons spog met ‘n uitstekende span opvoeders wat elkeen bereid is om die spreekwoordelike “ekstra myl” vir elke leerder te loop.

Gr. 1-3 Ons lê ‘n goeie grondslag wat ‘n liefde vir leer kweek. Akademie is en bly een van die belangrikste dele van ‘n kind se ontwikkeling. Elke kind word aangemoedig om kreatief te wees en individueel in ‘n veilige omgewing te ontwikkel. 


Die volgende vakke word aangebied:

Gr. R

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Lewensvaardigheid

Grondslagfase
(Gr. 1, 2, 3)

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Lewensvaardigheid

Intermediêre Fase
(Gr. 4, 5, 6)

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Geografie en Geskiedenis
Lewensvaardighede

Senior Fase
(Gr. 7)

Tale
Afrikaans – Huistaal
Engels – First Additional Language
Wiskunde
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe
Geografie en Geskiedenis
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
Tegnologie
Lewensoriëntering
Kuns en Kultuur

 


Cami Rekenaarhulp vir Tale en Wiskunde.

Leerders word weekliks aan die CAMI-leesprogram (op rekenaar) blootgestel om hulle lees- en taalvermoë te verbeter. Hier vorder elke leerder teen sy eie pas en kan leeswerk tot op hoërskoolvlak inoefen.

Leerders word weekliks aan die CAMI-wiskundeprogram (op rekenaar) blootgestel om hulle wiskundige vermoëns verder te verbeter.


Die SLAAGVEREISTES is soos volg:

GRAAD R

  1. Huistaal : Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59 %)
  2. Wiskunde : Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49 %)

GRADE 1 – 3

  1. Huistaal : Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59 %)
  2. Eerste Addisionele Taal : Matige prestasie (vlak 3 ) (40- 49 %)
  3. Wiskunde : Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49 %)

GRADE 4 – 6

  1. Huistaal : Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59 %)
  2. Eerste Addisionele Taal : Matige prestasie (vlak 3 ) (40- 49 %)
  3. Wiskunde : Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49 %)
  4. Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49 %) in enige twee ander oorblywende goedgekeurde vakke.

GRADE 7

  1. Huistaal : Voldoende prestasie (vlak 4) (50 – 59 %)
  2. Eerste Addisionele Taal : Matige prestasie (vlak 3 ) (40- 49 %)
  3. Wiskunde : Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49 %)
  4. Matige prestasie (vlak 3) (40 – 49 %) in enige drie ander oorblywende goedgekeurde vakke.
  5. Basiese prestasie (vlak 2) (30 – 39 %) in enige twee ander oorblywende goedgekeurde vakke.

Rekenaarsentrum:

➢ Die Laerskool Noord-Eind beskik oor ‘n puik toegeruste Rekenaarsentrum met 34 rekenaars.
➢ Die sentrum beskik ook oor ‘n data-projektor en oorfone vir elke rekenaar.
➢ Internet-konneksie is vir die Gr4-Gr7 leerders beskikbaar.

Mediasentrum:

➢ Boeke word gereeld aangevul en bygehou en verskeie media is beskikbaar, bv. fiksie en nie-fiksie en naslaanwerke.
➢ Die mediasentrum beskik oor ‘n dataprojektor, internettoegang, DSTV en interaktiewe witbord.
➢ Gr. 3 – 7 leerders is welkom om gereeld boeke uit te neem - eerste pouse en ná skool tot en met 14:45 - Maandag & Woensdag.
➢ Gr R tot 2: Klasonderwyseresse neem ‘n blokbespreking na hulle klasse. 


Liefdadigheidsprojekte

Daar word verskeie kere deur die jaar aan liefdadigheid aandag geskenk, bv. die Skoenprojek, die Kinderhuis-projek, die Sentleggings-projek, ens.

Toere/kampe/uitstappies

➢ Die Gr. R – 3 leerders gaan jaarliks op verskillende opvoedkundige uitstappies.
➢ Gr. 4 – 6 leerders kry jaarliks die geleentheid om ‘n opvoedkundige kamp by te woon.
➢ Gr 7-leerders kry die geleentheid om jaarliks op ‘n opvoedkundige toer na die Suidkaap te gaan en neem aan die einde van elke jaar aan die Weskus-staptog deel – ‘n ware fees vir elke leerder - een wat al vir die afgelope 25 agtereenvolgende jare met groot welslae aangebied word.