Geskiedenis
Die skool het op 10 April 1905 met ongeveer 30 leerlinge begin.
In 1920 word Noord-Eind as ‘n Afrikaansmedium skool verklaar. Hierdie belangrike stap het daarvoor gesorg dat die Laerskool Noord-Eind vandag nog een van die oudste Afrikaansmedium skole in die Wes-Kaap is.
In 1957 word een en ‘n half morg grond vir toekomstige uitbreidings en sportfasiliteite aangekoop. Die kleure van die skool is donkerblou, wit, groen en goud. Leuse: Handhaaf en Bou.
Vandag spog Noord-Eind met 641 leerlinge vanaf Gr. R tot 7.